•Mei 6, 2008 •
1 Kommentaar
Die girl is van Duitsland en ‘n mediese student. Na weke se ry deur Afrika eindig ek op die strand in Nungwe in die noorde van Zanzibar. Ons almal ontspan op die strand onder die maanlig. Die wêreld se probleme is almal opgelos. Eindelose gesprekke tussen deur die kili’s en die hubly pype eggo deur die groepies wat verspreid sit op die perfekte aand.
“Afrika is wonderlik”, sê sy. “Was jy al in SA?”, wonder ek. “Nee, dit is te gevaarlik en nie regtig Afrika nie – dit voel nie eintlik soos Afrika daar nie hoor ek, want daar is swart mense agter die toonbank en wit mense wat bedien word.” Die Lonely Planet gids (wat ‘n belangriker plekkie gehad het as enige ander iets op ons trippie, moet ek bely!) se negatiewe kommentaar oor SA kom weer in my kop op terwyl sy praat. Die rassistiese land waar dit gevaarliker is as in Nairobi of Dar es Salaam. En ek hoor dit al – Die plek waar die Europeers kom oorneem het wat nie aan hulle behoort het nie. “Sy verstaan duidelik nie”, dink ek. Maar in my eie gemoed is dit vir my ‘n hartseer oomblik, want ek kan verstaan hoekom dit so lyk vir haar.
Ek is gebore in Afrika. Ek het nie die land kom oorneem nie. Ek verstaan nie daardie tyd nie. Almal het almal se land oorgeneem in daardie tye – Amerika, Afrika, Indië. Wat weet ek daarvan? Ek is nou hier.
Ek sit ‘n uitroepteken agter jou Fourie! My identiteit lê wyer as in ‘n beperkte naam of ‘n geykte volk se beskrywing. Ek het nie ‘n naam nie, soos jy!. En ek voeg by: Ek is nie ‘n Europeer of ‘n westerling nie. Maar anders as jy sal ek myself Afrikaan kan noem al is ek wit.
Ek is van Afrika gebore.
Ja!
Ek is Afrikaan.
Hoe weet ek dit?
Ek weet dit wanneer ek en Adamson in die Matero Compound in Lusaka die stof strate afstap. Wanneer ons gesels asof ons broers is en eintlik in dieselfde land woon. Wanneer ek nader aan hom voel as aan die Duitse seun by ek gebly het toe ek ‘n uitruilstudent was. Ek weet dit as ek as die enigste wit man in die blou en wit taxis ry en almal met my kuier. Ek weet dit wanneer ek die taal probeer leer en mense dit waardeer. Ek weet dit wanneer die kelnerin in CTFM my in Afrikaans groet en my taal probeer leer. Ek weet dit as ek van oorsee terugkom en ek bly is om by die huis te wees, al is die lughawe se diens crap en die crime hoog oppad kar toe.
Ek weet dit net.
Ek is van Afrika!
Posted in Algemeen
Tags: afrika, afrikaan, identiteit, suid afrika, wie ek is
•February 4, 2008 •
3 Kommentaar
Kan nie eintlik my mind opmaak oor belydenis afle in die kerk nie….weird ding eintlik. Jy het al hierdie ouers en hul kinders wat skielik na vele jare se onbetrokkenheid in graad 11 oppitch vir die hele belydenis ritueel. En dan kom hul bely en dan is hulle weer weg….wel met ‘n paar uitsonderings….is dit wat die statistiek ons vertel. Ek sien in die Beeld dat daar ‘n survey gedoen is oor Afrikaanse jongmense se toekomsverwagtinge in SA. Meeste is positief se die berig en meeste gaan kerk toe…wat dit nie se nie is dat hulle almal in graad 11 is en wil belydenis afle….dit ten spyte van die feit dat van hulle nog boonop einlik na kerke toe gaan wat nie ‘n belydenisaflegging tradisie eers het nie. Hoe weird is dit? Asof daar hier toegangs-ritueel bestaan tot doop of trou of die hemel of iets wat kinders (of waarskynlik hul ouers) magies aantrek na hierdie oorgangsrite…net vir in case hulle eendag hul mind change oor in watter kerk hulle wil wees.Maar dan is daar die jongmense wat inspirerend in vandag se tye tog bely omrede dit uit hul hart en lewe straal….wat ten spyte van die kultuur daarvan (en die worsmasjien erediens) dit wil doen…..I salute you all! Want dit vat meer guts om iets te bely vandag en opreg op te staan daarvoor as ooit! En nog meer gaan my vote vir die wat dit nie doen nie….wat actually daaroor dink…..en daarteen besluit….jy bely ten minste ook iets eg. Maar mag die instituut nie verder deur die powerculture van die Afrikaner en alles daarmee saam in stand gehou word nie….maar eerder ophou bestaan deur die nuwe beweging van die belydende jongmense wat kerk as baie meer as ‘n gebou en kulturele oefening verstaan……vir jou trust ek!
Posted in Algemeen
Tags: afrikaner kultuur, bely, belydenisaflegging, christen, instituut, kerk, power
•Januarie 23, 2008 •
Lewer Kommentaar
Ek weet nie mooi wat dit is nie, maar hiri jaar is so weird vir my. Tussen deur die kragonderbrekings en die reen kry ‘n mens minderig gedoen want die beinvloed alles. Ek het al hoeveel keer konflik beleef met ‘n hele paar dingetjies by die kerk….die koster bedank skoon! Ag shit! En die jaar ploeter skielik al weer voort soos altyd. Dis asof dit elke jaar net erger raak. Maar tog is dit so weird want daar is hierdie nuutheid in die lig. Iemand het mos gese 2008 is die jaar vir new beginnings….ek weet nie of dit so is nie….maar iets is in die lug.’n mens weet ook nie lekker hoe om die nuwe situasie in ons land tegemoed te gaan nie….vanoggend lees ons jer 9 en dit praat van die volk wat in groot donkerte gehul is….en ‘n groot lig sien…..nou ja…wat de hel is die groot lig wil ek weet! Maar dit gaan oor nuwe geleenthede wat God skep….nou wonder ek oor die nuwe geleenthede van hierdie jaar en tussen al die negatiwiteit oor die land en en en……wat sal ons se… Ek weti….wag met afwagting
Posted in Algemeen
Tags: 2008, nuwe geleenthede, suid afrika, weird
•Januarie 15, 2008 •
3 Kommentaar
Ek is so gatvol vir kerk politics dat ek al hoe meer wonder waarmee is ons besig. Gisteraand stap ek uit ‘n meeting en kon nie glo wat nou weer agter die skerms gebeur en hoe die ewige fight oor beheer in die kerk oor watookal voort sleur nie. Ek kan nie uitfigure of dit ‘n ouderdom ding, ‘n ego probleem of ‘n Afrikaner ding is nie….maar gatvol is nie die woord nie. Dit is net amazing hoe mense hulle drang na power kan uitleef oor jongmense en bedieninge in die kerk wat actually na my mening werklik besig is met die werk wat saak maak….Jesus praat altyd oor die 3 sins….power….sex and money….en trust my power en money wat gisteraand aan die orde van die dag..
Sulke dae laat my voel asof ek wil waai…..ek glo lankal nie meer daaraan dat die sisteem van binne af verander kan word nie….dis BS…..ek try dit al lank genoeg….die nuwe wysheid is om jouself sane te hou met dit wat regtig saak maak en ter wille van die goeie dele van die kerk en die mense se lewens wat betekenisvol geraak word te bly….verder is dit ewige stryd oor watter een van hierdie twee pole gaan wen in jou gemoed…
Posted in Algemeen
Tags: kerk politiek
•Januarie 10, 2008 •
1 Kommentaar
Viri eerste keer raak crime vir my reel toe hulle ‘n paar aande terug in ons huis inbreek en my nuwe kamera steel en my Macbook. Op dit was onlangse werk aan my phD en al ons honeymoon fotos…om nie eers te praat van die resente werk van die onlangse verlede nie. ALLES weg! Die realness daarvan strike jou eers later. Veral as mense hoor van die storie en die eerste woorde is “gelukkig was julle nie daar nie want dan..”. Nie ongeoorloof nie…..gister ‘n student in die omgewing 4 keer geskiet…..eergister van ander mense gehoor wat ook geskiet is vir selfoon……en gehoor van ander mense waar pa doodgeskiet is, ma en dogter in die bene geskiet is….en dit alles vir ‘n selfoon. Toe die vrou die selfoon bel toe antwoord die rower “Bitch….I should have killed you too..”
Crime is real in ons sosiale kosmos aan die suidpunt van Afrika….en die stories raak net meer…Gewere en skote in die nag….alarms….en ‘n multi-miljoen bedryf vir versekering en sekuriteit. Terwyl ek met die vrou praat van Outsurance en ek haar vertel van die storie en wat alles weg is…en try simpatie kry….antwoord sy net profesioneel sonder enige simpatie…..waarskynlik oor sy daagliks hoor van honderde sulke storie. Die assessor is te besig om hierdie week uit te kom….en ADT te vol hierdie week om aan die alarm aandag te gee……dis ‘n konstante flippen traumatiese staat waarin ons onsself bevind. Gisteraand gaan die alarm 01:00 af…..vir niks….helse bohaai….en geen slaap daarna….elke geluid suspisieus…
Waar gaan dit ophou? Ek was op ‘n manier nog altyd bewus van dit….maar selfs ek…die positiewe suid-afrikaan wat glo in hierdie land….vang myself wonder of ek nie moet trek na ‘n veiliger situasie ten minste in ‘n ander omgewing nie…? Sal nie uit SA nie….maar het hele maal begrip al hoe meer vir die wat het….
Wat die hel maak ons….fight? skiet? donder? hardloop? bid? huil? Ek weet nie…..se jy my?
Posted in Algemeen
Tags: crime, inbraak, misdaad, moord, real, skiet, suid afrika
•December 21, 2007 •
2 Kommentaar
Was gisteraand weer in New Town, nadat ons Peter Pan gaan kyk het (waar daar deesdae Hot Dogs in die foyer verkoop word! What is this world comming to?). Gisteraand was New Town vol van die yuppie swart jongmense en ons het maar rustig koffie gedrink en moes weer gaan. Dit was koud en almal was binne. Laas het ons buite gestaan langs die Jazz memorial op die sypadjie en sigaar rook. Wat ‘n belewenis so tussen die vure in die yster houers.
Ons is X-ers…haat die verlede, rebelle, meng maklik in die nuwe SA in….sal backline toe gaan om die nuwe Jazz artists uit te check…besoek eerder die market theatre en luister na Afrika musiek as ons die kans kry. Wel – nie noodwendig al die X-ers nie…miskien die alternatiewe Afrikaanse x-ers (ons). Want ek lees in DE KAT vroeer in die jaar die meeste SA Afrikaanse Wit mense ry ‘n Toyota, kyk 7de Laan en gaan NG Kerk toe. Dan is daar die nieu Afrikaanse wereldburgers wat hulself nie tipeer as “Afrikaner” nie….maar eerder as Suid Afrikaners of selfs net wereldburgers. Hulle luister ander musiek, lees wyer, dink wyer ens….Nogal waar ek myself sou sien.
Maar terug in New Town wonder ek nogals oor die nuwe generasie se leierskap. Die cast van die Peter Pan Pantomine is meesal ‘n nuwe generasie performers, selfs die band is jonk…en hulle verteenwoordig die gemengde talent van ons nuwe generasie kunstenaars (besluit nog of dit beter is as die veterane soos Tobie Cronje wat in ‘n ander klas is, maar ten minste kan hulle tien maal beter sing as die Lion King cast). Maar ek kon nie help om so tussen deur te wonder oor watse tipe leiers hierdie New Town generasie sal wees in ons land nie? Die Zuma tipe leierskap? Die apatasie tipe rebelle soos die X-ers gekenmerk word.
Selfs ini kerk is daar die gesprek al vir ‘n paar jaar onder ons jong nuwe generasie Mandela dominees….is ons leiers in ‘n nuwe situasie…in ‘n nuwe land…..in ‘n nuwe toekoms viri kerk….in die produksie wereld? Identiteitvol of Identiteitloos?
Wat dink jy?
Posted in Algemeen
Tags: Gen-X, generasie, Jazz, kerk, leierskap, New Town, nieu afrikaans, Peter Pan, produksie, wereldburgers
•December 20, 2007 •
5 Kommentaar
Wat gaan deur ‘n ma se kop as sy van ‘n gebou af spring met haar baba en seuntjie in haar arms? En die seun le alleen in die hospitaal? Beeld Hoe moet die seun voel? Alleen! Wie gaan na hom kyk….en ek veroordeel nie die ma nie….kan jy dink wat het die ma deurgegaan dat alles te veel geraak het om te hanteer…so erg dat die enigste uitweg die spring was.
My kop is vandag by die alleen mense. My kollega se seun word vandag geopereer om weer albei sy arms te breek, nadat dit verkeerd aangegroei het. Hy het van die klimraam by die skool afgeval en loop nou al vir 6 weke in gibs. Nou begin die hele proses weer. Kan net dink hoe sleg dit moet wees al het jy jou gesin by jou. Hierdie seuntjie het nie meer ‘n gesin nie.
Om alleen te wees in hierdie tyd is flippen sleg. Dis my eerste jaar getroud…gewoonlik was ek een van die singles wat iewers sonder ‘n partner by een of ander ete opgedaag het. My vriend, Barry het altyd die mense genooi wat oor Kersfees alleen was…was altyd vir my so mooi.
So iewers op die strate daar buite is die kinders alleen, die enkellopenes sonder iemand, die oumense in die aftreeoorde gelos, die mense in hospitale, die werkendes by die werk, die hongeriges op die straat….my gebed gaan vir julle vandag. Wat my die meeste pla is dat hierdie mense eintlik nie die mense is wat Dinsdagoggend na my erediens toe kom nie…plaas gaan hou ons wat saam is, by hulle kerk….
Posted in Algemeen
Tags: alleen, christene, kerk, kersfees, selfmoord, single
Onlangse Kommentaar