Laaste paar gedagtes

Gister en vandag was alles oor die Social Justice Movement. Ons het vergader en beginne praat en beplan. Baie dinge is nou duidelik. Vandag is Tromso soos die Kaap en Houtbaai of daai plekke. Baie mense, straatmarkte, lekker son, musiek – lekker atmosfeer. Ons ontspan van vanmiddag af ‘n bietjie. Gaan bietjie uit met die onder-burgemeester vanaand en more beginne ons pak, uitcheck, rondhang, vlieg, die hele nag stopover in Oslo (eish) en dan terug! Beginnne nou die huis mis en natuurlik die liefde!

Die onder-burgemeester is een van die mees impressive vroue wat ek nog ontmoet het. Gunnhild is seker in haar 50’s en het die week saam met ons tyd spandeer. Sy was self saam op die trips en het die hoetoubaan gedoen. Verder het sy vergaderings gelei en speeches gemaak. Maar haar karakter is so aansteeklik. Sy het ‘n geskiedenis in die politiek in Noorwee en is hoog op in die een party hier. Maar sy was vir jare die onder-leier van die grootste vakbond in die land met meer as 300000 lede. Sy het op internasionale vakbonde se direksies gedien en so gaan die lys aan. Sy is van die vakbond af gegooi op ‘n baie slegte manier vier jaar terug (op ‘n onwettige wyse) deur die opposisie leiers. Daarna het sy betrokke geraak weer in Tromso en is sommer gekies as die onder-burgemeester. Wat ‘n baie groot posisie hier is. Tromso het baie internasionale invloed en betrekkinge. En sy is die rede daarvoor. Wat my net so van haar beindruk is hoe sy opstaan uit enige challenge en hoe groot sy dink. Dit is ‘n voorreg om saam met so iemand tyd te spandeer.

Die titel van my vorige blog “nothingness” het ek nie eintlik oor geskryf nie. Ek maak dit een van my groot stilstaan punte vir hierdie trip. Dit verwys hoofsaaklik na die algemene indruk rondom veral die kinders hier. Een ding wat ek nou eers verstaan vir die eerste keer is wat post-christendom beteken. Wat ons in SA beskryf en oor dink as emerging en post-christendom, en selfs die amerikaanse idee daarvan is eintlik ‘n bluf teenoor wat dit werklik is. Dit het ek met goeie realiteit in soveel engagements hierdie week besef. Daar is GEEN begrip hier oor GOD, geloof, morele waardes of ‘n dieper emosionele of geestelike nadink oor die lewe nie. Nou klink dit soos plekke by ons. Ons is Christen-hoofstroom selfs al dink ons nie so nie. Wat ons oor praat in SA is nie naastenby die situasie van hierdie omgewing nie. Iemand in amerika en SA sal nog iets weet van waardes, liefde, miskien bietjie daaroor kan dink – hier is daar NIKS daarvan nie. Seks op 11 jaar is normaal. STI’s word met ‘n pil gesond gemaak. Daar is geen rede hoekom seks met meer en verskillende partners nie kan nie – op geen grond nie. God is ‘n onbekende konsep en so ook probleme. Alles hier werk. Alles hier is tegnologies so ver gevorder. Almal het geld. Alle sisteme is effektief. En waar daar krisisse is, sal die staat dit oplos en daarvoor betaal – selfs babas. Daar is geen rede om hard te werk nie. Daar is geen rede om te bekommer oor die toekoms nie. Alles is goed. Alles is in plek. Hierdie is die UN se ultimate land in die wereld om in te woon. En jy kan sien hoekom. 

En ek sal nooit nie – want nou het ek gesien hoe lyk dit wanneer individualisme, kapitalisme, materialisme en tegnologie (die modernistiese droom van die perfekte wetenskap) tot sy volle potensiaal ontwikkel word. Dan is God en ander nie meer nodig nie. Afhanklikheid en waardes is vreemd. Die self, die intellek, die teoretiese en ‘n rasionele tegniese benadering tot alles is die antwoord. En in die proses het hulle een van die hoogste tiener selfmoord syfers van almal. Want dit raak sekerlik baie alleen hier as alles werk en daar geen probleme is nie. Dit is ‘n skokkende ervaring as ‘n jongmens nie enigsins kan insien dat daar iets groter is as homself nie. En die kerk hier is weg. Die een onnie se vir my “the church has failed us”. 

So ek gaan huis toe na probleme, afhanklikheid en krisisse – ek kan nie wag nie. Want daar is die Here nodig en ander! En daar is ubuntu sterkter as die individualisme.

~ deur liminaal op Junie 13, 2009.

Een Reaksie to “Laaste paar gedagtes”

  1. A very thought provoking post. Im so jealous that I cant share the experience with you guys and, at the same time very happy to be here in sunny sa with the traffic on the N1 every morning and my alarm system and security gates to lock me in my personal prison at night. Strange how the negative things around us can be comforting when we compare them to the “nothingness” that you seem to be experiencing up there. What’s interesting to me is that a centre for peace studies exists in such an environment. How do people that have no concept of problems, values or morals approach bringing peace to a broken world very different to theirs. How do foreign students ( you mentioned talking to individuals from chad and sierra leone) fit into this culture? An interesting mix I’m sure.
    Anyway, looking really forward to seeing you again when get back. Lots to hear and hopefully some nice pics to see. Enjoy your last day bud

Leave a Reply