Norwegian Chronicles
Ons is in Noorwee! Tromso om presies te wees. As jy wil weet hoe hoog dit op is in die wereld – google dit en dan kyk jy van die noordpool se perspektief af na die Arctic sirkel – and you will get the picture. Die son skyn tans 24uur ‘n dag. Ons bly in die Skansen Hotelkie in die hoofstraat. Seemeeu hoor ‘n mens heeltyd. Die diet is vis. En brood. Alles is vrek duur vir ‘n Suid-Afrikaner so ons lewe maar spaarsamig.
Ons het gister hier aangekom as deel van ‘n groep van SA se National Youth Commission, wat ons die “KE MOYA” banier hier in ‘n partnership is met die Tromso munisipaliteit. (En munisipaliteit is hier ‘n helemaal ander ballgame as by ons). Van ons groep woon tans die NUFF festival by http://www.nuff.no/ en ander van ons is hier om in dialoog te tree met die munisipaliteit oor jeugsake oor die kontinente – soort van ‘n NORTH-SOUTH adventure.
Sover was ons maar bietjie rustiger as die NUFF (noef in afr) manne en dames wat ernstig shortfilms produce.
Vandag het ons bietjie die onder-burgemeester en staff ontmoet oor ‘n inleidende presentation op TVIBIT (die plaaslike jeugsentrum hier waar als happen. (TVIBIT is ‘n noorweense uitdrukking in die game wat ons as ‘touchers’ ken. As niemand vir ‘n tyd aan jou mag raak nie dan is jy touchless, vry, in jou eie space – TVIBIT). Anycase die konsep is fasinererd. Die hele idee van die plek (wat ‘n fisiese gebou in die middestad is) is om jongmense te help om hulle self te ontgin en vir hulle ‘n platform te gee om te ekspirimenteer met verskillende stuff. So jy stap daarin. Daar is kantore, filmstudio, musiekstudio, spasie, fone en die internet. Jy kry accesscard. Jy se jy wil projek begin – se nou maar ‘n lekker konsert reel van jou beste band – en TVIBIT fasiliteer jou om dit te doen. Befondsing. Infrastruktuur. Help. Opleiding. Netwerke. Name it! En die projek word aangebief onder TVIBIT se naam. Wat nou al ‘n reputasie hier opgebou het. En die jongmense dictate eintlik die hele storie. Die agenda is hulle sin. En in die ervaringsleer proses – leer almal.
Ek, Ryno en Teodor het die nommer 40 bus gevat vandag en die eiland (ons is op ‘n eiland tussen wit gesneeude berge) en gedebrief oor ‘n paar van hierdie stuff. Youth owned. Youth driven. In die ware sin van die woord. Nogals postmoderne, bevrydende benadering.
En die kerk het niks daarmee te doen nie. Kerk is bietjie van ‘n foreign concept hier by the way. Religion gaan nie so goed af nie. Maar ons wonder nogals of dit nie baie meer complicated sou wees as die Christene en almal se agendas betrokke was nie. Dit is straight forward.
Maar een ding om te reflekteer oor is die massiewe groot gaping tussen hierdie kultuur en ons sin. Hier is alles. Vervoer. Geld. Ondersteuning. ‘n Werkende munisipaliteit. Mense. Personeel. Niemand steel niks! Niemand misbruik die fone! Almal wil! Of ten minste die wat kom wil. En die boundaries hier tussen mense is soveel minder as by ons.
Die ander ding wat my hier tref is hoe eenvoudig rustiger almal voorkom. Niemand jaag nie. Niemand sukkel nie. Almal draf en geniet die somer (die hele nag deur vir die rekord). Hulle trek lekker informeel aan. Bly rustig. Het tyd.
Man! Wat gaan aan in ons gejaagde wereld. En ons dink Afrika is soveel stadiger. Maar ons lewenspas is darem terrible as jy daaroor dink. Maar ten minste is ons kos cheaper en ons bier bekostigbaar. Hier is alles duur.
Tyd om te dink en tyd om te reflekteer. Weird wat hierdie trips aan ‘n mens doen. Ek ontdek weer myself en kry tyd om te blog.
Ek kyk nou eers weer na my blog vir ‘n lang tyd en sien wie almal wat skryf.
Volg my op twitter – as jy nog nie die fenomeen ontdek het nie – www.twitter.com. En lees die TIME artikel daaroor in hierdie TIME>dan sal jy verstaan.
Ek onthou toe my pa oorsee gegaan het toe ek klein was….Ek het altyd uitgesien as hy terugkom want hy’t altyd iets gebring wat vreemd, vars, weird of anders was as van ons land. Nou loop ek hier en ek dink – global village! Alles is orals bekend. Brands verskil en hier en daar ‘n ou stroopwafeltjie of so. Maar dit is nie vreemd nie. Nuus is orals. Internet maak alles naby. Die surreal wereld waarin ons is – ek is duisende kilometers om die wereld en SKYPE lewendig en verniet met kamera en al met haar! What a world we live in. Ek wonder wat doen dit aan ons? Alles kleiner.
Maar ek mis dit – want ek kan my emails sien as ek wil. Dan voel dit net – jy kan nie wegkom nie! Al hoe jy wegkom is binne in jouself!


tjommie onthou vis is gesond!
Drink dit in bud! Wens ek was daar…