2009

Die nuwe jaar het ‘n opgewondenheid aan hom wat nogals verfrissend is. Weet nie hoekom nie, is net so. Ek het die jaar begin met ‘n nuwe Iphone in my lewe, en as jy enigsins ‘n gadget persoon is sal jy jouself verwonder oor die tegnologie van hierdie klein instrument.

Behalwe vir die ietwat materialistiese begin, is ek veral excited oor die jaar as ‘n geestelike gebeurtenis. Het so gevoel daaroor. My voorneme is dissiplines op verskillende vlakke… Hoop dit hou!

Die grootste vraag is seke wat hierdie jaar met en in ons land gaan gebeur…hopelik sien ons magsdeling en ‘n beter demokrasie.

Mag jouneb jou verras!

~ deur liminaal op Januarie 6, 2009.

Een Reaksie to “2009”

  1. Ekt gewonder wanneer ek weer een van die inspirerende skryf stukke gaan kan lees…en dan lees ek die effense ding… Ek het die afgelope twee maande besef hoekom God my nie alleen op die aarde geplaas het nie… Mens het ander mense nodig, om te luister en sodat jy kan luister… God praat nogal hard, maar dis hoe hy maak as mens nie luister nie.

    Dankie vir al die inspirasie… My jaar het sleg begin maar kan net opgebou word na iets wat met `n bang gaan eindig….
    Groetnis
    Tom

Leave a Reply