Ek loop op my eie heilige grond

Ek moes nou die oggend vroeg opstaan om ‘n netwerk meeting te gaan bywoon van ander pastore in die stad. Flippen helemaal te vroeg om 5:45 die kerk ding te gaan doen. Ek het voor die tyd opgesien en na die tyd geweet hoekom…maar dit is helemaal ‘n ander storie. Wat my opval is die gesprekke oor Mighty Men en die besigheidsmanne reg langs ons wat ook bymekaar kom – almal opgesaaik na oom Angus se naweek. Als goed en wel….Wat my wel nie lekke tref van die hele storie nie is die subtiele “jy was nie daar nie” kyke en die “jy mis uit op herlewing” opmerkings van die miljoene ander wat nou nie die kans gehad het (om soos my ander pel se “in die beesmis van die plaas te kon loop” soos in die stof van jerusalem in die eerste eeu nie.

My pa vra nou die aand vir my “hoe kry hy dit reg om 60000 te trek, terwyl die beste NG dominee nie dit kan regkry nie”. Toe wil ek amper se – die beste enige predikant seker. Maar sukses word in ons wereld mos gemeet aan die getalle. Ek doen dit self dink ek. Ek raak geworried as daar nie soveel kinders op ons kamp gaan as die buur gemeente se kamp nie. Almal van ons is maar seke so. Hoe meer mense, hoe meer voel ons suksesvol. Om nie te praat daarvan as ons ‘n paar wonderwerke in die pakkie wil gooi nie. 

 

En Loftus is mos nou klaar vol vir die event wat kom. Nog herlewing. Nog heilige grond. Ek en die pastore daardie more kon mekaar nie lekke vind in my gemoed by die eerskomende biddag se kickdrum opsaaikery nie. (en ek like ‘n drumset). Maar opsaaik en geld en goedgaan agv eenvoudige antwoorde en eenvoudige teologie, is nie waar ek is nie. 

Ek is by ‘n Jesus wat min mense agter hom aangehad het, wat nie homogene groepe bymekaar gehad het nie. Nie mense laat uit voel het wat nie die preek gehoor het nie en nie als in ‘n boksie gesit het nie. Ek like hom nogals meer en meer…hoe meer ek van hom lees…hoe meer ek hom ontdek….

Maar ek laaik nie van die mense wat fuss op weird maniere oor oom Angus nie (bless his soul…ek ken hom nie).  Ek laaik nie van ‘n populere christen culture wat elke jaar ‘n ander perd opsaal nie. Ek laaik nie van die manier hoe julle my laat voel nie. Ek laai nie van spiritual hoogmoed en language wat gin freaken mens mee kan relate nie. Ek is jammer. Maar ek kan nie. Die goed is net nie vir my so flippen eenvoudig nie. As goed so eenvoudig was sou ek mos al lankal kon ophou preek het. want die antwoorde is mos vas en dieselfde. En ek wens ook party dae so. Maar dit is nie.

 

Ek loop eerder op my eie heilige grond. Trek my skoene uit vir die pad wat die Here wil he ek moet stap. Ek volg sy heiligheid. As dit na die plaas in natal is – so be it. Maar as ek dit stap, behoed my tog om nie ander te patronize met heiligheid nie.

~ deur liminaal op Mei 6, 2008.

4 Responses to “Ek loop op my eie heilige grond”

  1. [...] sy van my lewe” in orde te kry (kyk hoe skryf ‘n ander dominee oor hierdie selfde ding hier). Nou, hierdie goed is nie sleg nie, maar uit my styl kan jy seker agterkom dat ek nie oor [...]

  2. amen. preach brother preach.
    ek hou ook nogal van Jesus, wat juis mag weggegee het. die hele magtige idee ontstig my so effens.

  3. Ek wens mense kon net ons eenvoudige oorvertel van stuff (of ons pogings daartoe, anyway) so waardeer. Moes eergisteraand weer by ‘n Bybelstudie hoor ons dominees preek te min oor die duiwel en die demone (die “donker kant van Christenskap”, was haar woorde. Dog ek kots bietjies-bietjies in my mond). As hulle net ‘n slag wil maak soos Jesus gemaak het en ophou om die mense rondom hulle te judge sal dinge ook beter gaan. Maar nee, ons mag mos nie eenvoudig wees nie. Ons moet mos ‘n hoogdrawende, belgalike demoneleer verkondig en almal met die Heilige Gees laat flou word voor ons ‘n kerk is. Oh please.

  4. I also experienced the ‘jugdemental’ talks after the big event and realized I don’t feel left out.. I know like you said another Jesus with only a few disciples behind him… My shoes are already out and with the sand filtering between my toes because I’m walking after God. Sometimes I wonder if some followers don`t put the wrong ‘man’ onto the pedestal. I got invited to the Hilsong bash and the people are talking in the same manner , saying Hillsong is so great and freakin awesome but not saying anything about Who else is going to be working in alot of people that night andd to pray that the doubters in Christ can be reached. I hate the roller coaster holiness that every one goes through, they reach a high at such an event but that means there is going to be a low after a while. I prefer to walk in humbleness with the sand exfoliating my feet to be molded and soothed as I walk behind the Holy One… I’m lucky to know that I’m not walking alone…

Leave a Reply