Bely?

Kan nie eintlik my mind opmaak oor belydenis afle in die kerk nie….weird ding eintlik. Jy het al hierdie ouers en hul kinders wat skielik na vele jare se onbetrokkenheid in graad 11 oppitch vir die hele belydenis ritueel. En dan kom hul bely en dan is hulle weer weg….wel met ‘n paar uitsonderings….is dit wat die statistiek ons vertel. Ek sien in die Beeld dat daar ‘n survey gedoen is oor Afrikaanse jongmense se toekomsverwagtinge in SA. Meeste is positief se die berig en meeste gaan kerk toe…wat dit nie se nie is dat hulle almal in graad 11 is en wil belydenis afle….dit ten spyte van die feit dat van hulle nog boonop einlik na kerke toe gaan wat nie ‘n belydenisaflegging tradisie eers het nie. Hoe weird is dit? Asof daar hier toegangs-ritueel bestaan tot doop of trou of die hemel of iets wat kinders (of waarskynlik hul ouers) magies aantrek na hierdie oorgangsrite…net vir in case hulle eendag hul mind change oor in watter kerk hulle wil wees.Maar dan is daar die jongmense wat inspirerend in vandag se tye tog bely omrede dit uit hul hart en lewe straal….wat ten spyte van die kultuur daarvan (en die worsmasjien erediens) dit wil doen…..I salute you all! Want dit vat meer guts om iets te bely vandag en opreg op te staan daarvoor as ooit! En nog meer gaan my vote vir die wat dit nie doen nie….wat actually daaroor dink…..en daarteen besluit….jy bely ten minste ook iets eg. Maar mag die instituut nie verder deur die powerculture van die Afrikaner en alles daarmee saam in stand gehou word nie….maar eerder ophou bestaan deur die nuwe beweging van die belydende jongmense wat kerk as baie meer as ‘n gebou en kulturele oefening verstaan……vir jou trust ek! 

~ deur liminaal op February 4, 2008.

3 Responses to “Bely?”

  1. Ek hou van wat jy se…

  2. Ai…ek wens soms dinge was anders…ander kere is ek bly dis hoe dit is. Ja, mense kan nou actually bedoel wat hulle sê! Maar dit bly maar sucky van die spul wat net pitch, die ander se tyd mors en op die ou end ‘n moordkuil van hul harte maak (hoe laaik jy my uitdrukking? Hahaha!)
    Anyway…

  3. Het ook maar mixed feelings, maar daar is die ander stories ook…
    Die ma wat nooit kerk toe kom nie, vir boetie of sussie dwing om belydenisklas toe te gaan, want anders kan mens mos nie grootword nie, jy kort die sertifikate (bestuurs-sertifikaat (OK, ek weet daar is tegnies ‘n foutjie in die opmerking), matrieksertifikaat, en lidmaatskapsertifikaat). En dan kom die jong volwassene, wat eintlik al vir hom/haarself kan dink, hier aan, en ontdek ‘n wêreld wat ma en pa vergeet het om oop te breek, en daar begin ‘n mooi paadjie…

Leave a Reply