Kerk politics
Ek is so gatvol vir kerk politics dat ek al hoe meer wonder waarmee is ons besig. Gisteraand stap ek uit ‘n meeting en kon nie glo wat nou weer agter die skerms gebeur en hoe die ewige fight oor beheer in die kerk oor watookal voort sleur nie. Ek kan nie uitfigure of dit ‘n ouderdom ding, ‘n ego probleem of ‘n Afrikaner ding is nie….maar gatvol is nie die woord nie. Dit is net amazing hoe mense hulle drang na power kan uitleef oor jongmense en bedieninge in die kerk wat actually na my mening werklik besig is met die werk wat saak maak….Jesus praat altyd oor die 3 sins….power….sex and money….en trust my power en money wat gisteraand aan die orde van die dag..
Sulke dae laat my voel asof ek wil waai…..ek glo lankal nie meer daaraan dat die sisteem van binne af verander kan word nie….dis BS…..ek try dit al lank genoeg….die nuwe wysheid is om jouself sane te hou met dit wat regtig saak maak en ter wille van die goeie dele van die kerk en die mense se lewens wat betekenisvol geraak word te bly….verder is dit ewige stryd oor watter een van hierdie twee pole gaan wen in jou gemoed…


Jy vertel vir my! Ek werk naby jou. Sal jou graag wil bel vir ‘n geselsie.
lees nou juis vandag iewers in Gibbs/Bolger se “Emerging Churches” van een van die ouens wat hulle ge-interview het wat gesê het dat hy die evangelies ‘n hele aantal keer deurgelees het, en moes besef dat niks (ja, hopelik is dit oordryf in meeste van ons se gevalle, maar kan verstaan dat dit so voel) wat daarin staan ooreengekom het met wat hy mee besig was by die kerk nie…
ek wonder dikwels watter rol gender in die die soeke na beheer/mag speel.