Real crime

Viri eerste keer raak crime vir my reel toe hulle ‘n paar aande terug in ons huis inbreek en my nuwe kamera steel en my Macbook. Op dit was onlangse werk aan my phD en al ons honeymoon fotos…om nie eers te praat van die resente werk van die onlangse verlede nie. ALLES weg! Die realness daarvan strike jou eers later. Veral as mense hoor van die storie en die eerste woorde is “gelukkig was julle nie daar nie want dan..”. Nie ongeoorloof nie…..gister ‘n student in die omgewing 4 keer geskiet…..eergister van ander mense gehoor wat ook geskiet is vir selfoon……en gehoor van ander mense waar pa doodgeskiet is, ma en dogter in die bene geskiet is….en dit alles vir ‘n selfoon. Toe die vrou die selfoon bel toe antwoord die rower “Bitch….I should have killed you too..”

Crime is real in ons sosiale kosmos aan die suidpunt van Afrika….en die stories raak net meer…Gewere en skote in die nag….alarms….en ‘n multi-miljoen bedryf vir versekering en sekuriteit. Terwyl ek met die vrou praat van Outsurance en ek haar vertel van die storie en wat alles weg is…en try simpatie kry….antwoord sy net profesioneel sonder enige simpatie…..waarskynlik oor sy daagliks hoor van honderde sulke storie. Die assessor is te besig om hierdie week uit te kom….en ADT te vol hierdie week om aan die alarm aandag te gee……dis ‘n konstante flippen traumatiese staat waarin ons onsself bevind. Gisteraand gaan die alarm 01:00 af…..vir niks….helse bohaai….en geen slaap daarna….elke geluid suspisieus…

Waar gaan dit ophou? Ek was op ‘n manier nog altyd bewus van dit….maar selfs ek…die positiewe suid-afrikaan wat glo in hierdie land….vang myself wonder of ek nie moet trek na ‘n veiliger situasie ten minste in ‘n ander omgewing nie…? Sal nie uit SA nie….maar het hele maal begrip al hoe meer vir die wat het….

Wat die hel maak ons….fight? skiet? donder? hardloop? bid? huil? Ek weet nie…..se jy my?

~ deur liminaal op Januarie 10, 2008.

Een Reaksie to “Real crime”

  1. Ek verstaan PRESIES waarvan jy praat – ek was nou al 3 keer in 3 jaar ‘n Victim of the Crime in South Africa…
    1) Mugging in Jorissenstraat reg langs Affies oppad na ons kommune toe, half 4 die middag in 2006
    2) Mugging en stabbing oppad terug koshuis toe in Duxbury weg, half een die oggend in 2007
    3) Bakkie diefstal voor my ouma se huis in Gezina, 10H15 die oggend in 2008

    Ek gaan waai sodra ek kan, dink ek. Gegewe die waarde van die narratiewe benadering en die feit dat ‘n mens in anyway meer mense gaan bereik met goeie flieks wat iets beteken as met ‘n sondag oggend preek waarvan hulle skaars 8% onthou, en dat ek dan nie met kerkpolitiek hoef opgeskeep te wees nie – lets just go en gaan maak flieks… Goeie non-mushy flieks met ‘n boodskap.

Leave a Reply