Politieke Kersfees

41.jpg
Nogals die tafelgesprekke van die dag – Zuma se verkiesing. Interessant almal se opninies oor die saak. Selfs London en New York se pers is vol op die storie….almal wonder oor ekonomiese stabiliteit. Gaan Trevor en die ander wat hulle werk goed gedoen het bly? Wat gaan word van SA….gaan Zuma iets doen oor Zim…..gaan die geweld ophou? Wat van die minderheidsgroepe?

Herrinner my nogals aan die 94 verkiesings….terwyl almal hulle kosblikkies in die kaste opgaar, het ek en ‘n vriend gaan fliek….oppad soontoe was daar nie ‘n kar in sig op die hoofweg nie….niemand ini fliek ni…..en niemand oppad terug nie. Almal aan die wegkruip agter die deure en grendels vir die groot oorlog wat oppad is….onsekerheid….

Ons is eintlik konstant in liminale space…snaaks dat die Suid-Afrikaners en die Christene (wat veronderstel is om ‘n liminale teologie te bedryf) nie nou al kan cope met die liminaliteit nie….

~ deur liminaal op December 19, 2007.

2 Responses to “Politieke Kersfees”

  1. Miskien is dit ‘n gebrek aan kommunikasie, ‘n gebrek aan inligting, wat mense bang maak vir ‘n onsekere toekoms onder Zuma. Hoe weet ons die ouens in London en New York vorm ingeligte menings? Stereotipeer hulle nie maar net nog ‘n verkiesing in “donker Afrika” nie? Hoekom hoor ons net heeltyd een kant van die storie (Mbeki), as die ander kant van die storie (Zuma) heelwat meer ondersteuners het?

  2. Ek wonder nogals, binne die hele Suid Afrikaanse liberale demokratiese politieke sisteem, met al die mooi checks and balances, hoeveel van ‘n verskil maak dit eintlik of dit Mbeki of Zuma is? Almal vrees ‘n Zimbabwe ding, maar dit gaan nie gebeur nie, die sisteem hou homself mooi in stand, perk die president mooi in sodat hy niks werklik snaaks op sy eie kan doen nie bla bla bla.

    Ek weet nie, my kennis van huidige politiek is amper nul, maar ek wonder maar net.

Leave a Reply