We are standing on the stage of the Germiston city hall. Hundreds of refugees are sitting hopelessly around. Children and babies are sitting on their mother’s laps, people are tired and a few volunteers and government officials are trying to organize something out of the chaos. A lot of organizations, offices and people drops off supplies (very random supplies I might add!). And everything is placed on the stage in no particular order. So, when we arrived (a few young people from Pretoria), we start to pack clothes and food into different heaps. Basically we were just trying to sort some stuff out for them. And while I am standing there in the semi-dark Friday late afternoon, I think to myself: “Where is the rest of the church?”. And I don’t mean the institution (who was very busy thinking and making decisions about it). I was talking about the church, us, brothers and sisters - trained up to be the hands and feet! The Revolutionaries (as Barna calls them). The believers. The faithful. Where were they? 
You see it is easy to DO church! We drop of the blankets, the food and the cheque at the offices of the church. Then you have done your part of DOING church. But there where people needs love, needs to tell someone there children are gone, their husband has been killed or all they have has been stolen - there we are too afraid to go. And the irony is that when you ask the church where they are, they are busy in that week DOING meetings, DOING training, DOING worship, DOING Biblestudy, DOING events…. (What for? I wondered to myself). 
I am the last one to judge. I am seriously into DOING church myself. But after this experience, after reading Paul some more, after looking at Jesus - I realized again we need to BE church. And there is a serious difference. When you start BEING church, you are driven by the passion of understanding the mystery of Christ’s love. You are excited about BEING there where Jesus would have been. You take the money. You don’t just drop it off. You put the blanket around her body, sit next to her and listen. You pick him up, put the bottle in his mouth and give his mom a time to rest. 
I can’t help but ask myself - what are we busy DOING to ourselves
The first time I listened to Rob Bell’s explanation of Peter’s experience on the sea, trying to walk towards Jesus, it really meant a lot to me. He said that we always think it is a narrative about not believing in Jesus. But maybe it is actually a narrative of not believing in yourself.
This has really been on my heart the past few weeks. I see so many young people that has the potential to do great things for the Kingdom. I see young people, who could change so many things in our country, if only they would believe in themselves. If only they could believe in their God-given passions and abilities. And the sad thing is that I think they can. But the system we all live in, with it’s very specific requirements for the general idea of success in life, keeps us from believing in literally the impossible. The idea that you have to earn a lot of money, have a degree, have a certain kind of lifestyle etc. to be successful. You believe that there is no way of living your God-given calling and be okay in terms of finances, future and security. 
So if God believes in you, what does He believe about you? Does He believe you could live His calling for you and not be successful? Does He believe you could change, renew and bring live without having the finances, future and security that would enable you to keep on living for Him? Or does He believe you could? You could be successful in ways you can’t imagine?
May you have the same faith in yourself as God has in you!

Ek is jammer oor jou ouma, Fourie. Ek dink ons se dit te min vir mekaar. So asof geweld en dood so deel geraak het van ons lewens, dat dit amper normaal geword het. ‘n Getraumatiseerde samelewing. Gedrewe deur vrees. Maar ook gedrewe deur die eeue oue wortel van sonde - die soeke na power.

Anriette se stories (waarvan ek deel was) het my baie dinge laat besef. Dit het my laat besef daar is ‘n leierskapskrisis groter as wat ons besef in ons land, in ons regering en in ons kerk. Die Xeno goed het my laat besef hoe groot die potensiaal is dat ons “bubble” werelde waarin ons wegkruip dalk een van dae gekonfronteer kan word met ‘n SA wat ons nie gewoond is nie. En daar is vrees! En daar is haat! En daar is die soeke na mag! Mag oor buitelanders, mag oor armes, mag oor die “ander”! En waar is die leiers? Waar is die kerk?

Ons staan op die verhoog van die Germiston stadsaal en probeer iets organiseer tussen deur al die chaos van skenkings wat rond le. En ek dink: “Waar is die res van die kerk?”. Dit voel vir my ons hou selgroepe, ons hou Bybelstudie, ons lei mense op, ons prys die Here op Sondae, ons hoor preke….vir die dag wat ons die Koninkryk van God kan laat kom. En nou is die dag hier! En waar is die kerk? “Nee sorrie, ons hou eers vergadering daaroor om te besluit wat om te doen!”, “Nee sorrie, ons is baie besig by ons gemeente vanaand!”, “Nee sorrie, ons kamp!”. Wat ‘n ontnugtering. Die goed is mos belangrik! Ek stem. Belangrik om ons te equip om die hande en voete van die Koninkryk te wees. Great! So hier is dit nou jou kans! Maar nee, niemand het ons genooi nie! 

Ons lewe in frightening tye as die kerk te besig is met haarself om in ‘n moerse krisis soos ‘n mini-oorlog in Gauteng ‘n verskil te gaan maak! Met apologie aan die broers en susters wat wel het, en wel ‘n verskil gemaak het en bygedra het, en steeds doen….I salute you!

Die “ons”, die “kerk” is jy. Jy wat hierdie lees. Jy wat nie ‘n uitnodiging nodig het om te gaan nie. Jy wat VREESLOOS lewe! Jy wat verstaan, daar is niemand anders wat gaan kom om die gemors uit te vee nie! 

Geweld, Xeno, Zimbabwe, die gebrek aan leierskap, die blerrie duur diesel, die rentekoerse, die vrees, die power struggle….hier kom ONS! Ons…die kerk….nie die gebou nie…die kinders…hier kom ONS!

Ek moes nou die oggend vroeg opstaan om ‘n netwerk meeting te gaan bywoon van ander pastore in die stad. Flippen helemaal te vroeg om 5:45 die kerk ding te gaan doen. Ek het voor die tyd opgesien en na die tyd geweet hoekom…maar dit is helemaal ‘n ander storie. Wat my opval is die gesprekke oor Mighty Men en die besigheidsmanne reg langs ons wat ook bymekaar kom - almal opgesaaik na oom Angus se naweek. Als goed en wel….Wat my wel nie lekke tref van die hele storie nie is die subtiele “jy was nie daar nie” kyke en die “jy mis uit op herlewing” opmerkings van die miljoene ander wat nou nie die kans gehad het (om soos my ander pel se “in die beesmis van die plaas te kon loop” soos in die stof van jerusalem in die eerste eeu nie.

My pa vra nou die aand vir my “hoe kry hy dit reg om 60000 te trek, terwyl die beste NG dominee nie dit kan regkry nie”. Toe wil ek amper se - die beste enige predikant seker. Maar sukses word in ons wereld mos gemeet aan die getalle. Ek doen dit self dink ek. Ek raak geworried as daar nie soveel kinders op ons kamp gaan as die buur gemeente se kamp nie. Almal van ons is maar seke so. Hoe meer mense, hoe meer voel ons suksesvol. Om nie te praat daarvan as ons ‘n paar wonderwerke in die pakkie wil gooi nie. 

 

En Loftus is mos nou klaar vol vir die event wat kom. Nog herlewing. Nog heilige grond. Ek en die pastore daardie more kon mekaar nie lekke vind in my gemoed by die eerskomende biddag se kickdrum opsaaikery nie. (en ek like ‘n drumset). Maar opsaaik en geld en goedgaan agv eenvoudige antwoorde en eenvoudige teologie, is nie waar ek is nie. 

Ek is by ‘n Jesus wat min mense agter hom aangehad het, wat nie homogene groepe bymekaar gehad het nie. Nie mense laat uit voel het wat nie die preek gehoor het nie en nie als in ‘n boksie gesit het nie. Ek like hom nogals meer en meer…hoe meer ek van hom lees…hoe meer ek hom ontdek….

Maar ek laaik nie van die mense wat fuss op weird maniere oor oom Angus nie (bless his soul…ek ken hom nie).  Ek laaik nie van ‘n populere christen culture wat elke jaar ‘n ander perd opsaal nie. Ek laaik nie van die manier hoe julle my laat voel nie. Ek laai nie van spiritual hoogmoed en language wat gin fokken mens mee kan relate nie. Ek is jammer. Maar ek kan nie. Die goed is net nie vir my so flippen eenvoudig nie. As goed so eenvoudig was sou ek mos al lankal kon ophou preek het. want die antwoorde is mos vas en dieselfde. En ek wens ook party dae so. Maar dit is nie.

 

Ek loop eerder op my eie heilige grond. Trek my skoene uit vir die pad wat die Here wil he ek moet stap. Ek volg sy heiligheid. As dit na die plaas in natal is - so be it. Maar as ek dit stap, behoed my tog om nie ander te patronize met heiligheid nie.

Die girl is van Duitsland en ‘n mediese student. Na weke se ry deur Afrika eindig ek op die strand in Nungwe in die noorde van Zanzibar. Ons almal ontspan op die strand onder die maanlig. Die wêreld se probleme is almal opgelos. Eindelose gesprekke tussen deur die kili’s en die hubly pype eggo deur die groepies wat verspreid sit op die perfekte aand.

 

“Afrika is wonderlik”, sê sy. “Was jy al in SA?”, wonder ek. “Nee, dit is te gevaarlik en nie regtig Afrika nie – dit voel nie eintlik soos Afrika daar nie hoor ek, want daar is swart mense agter die toonbank en wit mense wat bedien word.” Die Lonely Planet gids (wat ‘n belangriker plekkie gehad het as enige ander iets op ons trippie, moet ek bely!) se negatiewe kommentaar oor SA kom weer in my kop op terwyl sy praat. Die rassistiese land waar dit gevaarliker is as in Nairobi of Dar es Salaam. En ek hoor dit al - Die plek waar die Europeers kom oorneem het wat nie aan hulle behoort het nie. “Sy verstaan duidelik nie”, dink ek. Maar in my eie gemoed is dit vir my ‘n hartseer oomblik, want ek kan verstaan hoekom dit so lyk vir haar.

 

Ek is gebore in Afrika. Ek het nie die land kom oorneem nie. Ek verstaan nie daardie tyd nie. Almal het almal se land oorgeneem in daardie tye – Amerika, Afrika, Indië. Wat weet ek daarvan? Ek is nou hier.

 

Ek sit ‘n uitroepteken agter jou Fourie! My identiteit lê wyer as in ‘n beperkte naam of ‘n geykte volk se beskrywing. Ek het nie ‘n naam nie, soos jy!. En ek voeg by: Ek is nie ‘n Europeer of ‘n westerling nie. Maar anders as jy sal ek myself Afrikaan kan noem al is ek wit.

 

Ek is van Afrika gebore.

Ja!

Ek is Afrikaan.

Hoe weet ek dit?

 

Ek weet dit wanneer ek en Adamson in die Matero Compound in Lusaka die stof strate afstap. Wanneer ons gesels asof ons broers is en eintlik in dieselfde land woon. Wanneer ek nader aan hom voel as aan die Duitse seun by ek gebly het toe ek ‘n uitruilstudent was. Ek weet dit as ek as die enigste wit man in die blou en wit taxis ry en almal met my kuier. Ek weet dit wanneer ek die taal probeer leer en mense dit waardeer. Ek weet dit wanneer die kelnerin in CTFM my in Afrikaans groet en my taal probeer leer. Ek weet dit as ek van oorsee terugkom en ek bly is om by die huis te wees, al is die lughawe se diens crap en die crime hoog oppad kar toe.

 

Ek weet dit net.

Ek is van Afrika!

Kan nie eintlik my mind opmaak oor belydenis afle in die kerk nie….weird ding eintlik. Jy het al hierdie ouers en hul kinders wat skielik na vele jare se onbetrokkenheid in graad 11 oppitch vir die hele belydenis ritueel. En dan kom hul bely en dan is hulle weer weg….wel met ‘n paar uitsonderings….is dit wat die statistiek ons vertel. Ek sien in die Beeld dat daar ‘n survey gedoen is oor Afrikaanse jongmense se toekomsverwagtinge in SA. Meeste is positief se die berig en meeste gaan kerk toe…wat dit nie se nie is dat hulle almal in graad 11 is en wil belydenis afle….dit ten spyte van die feit dat van hulle nog boonop einlik na kerke toe gaan wat nie ‘n belydenisaflegging tradisie eers het nie. Hoe weird is dit? Asof daar hier toegangs-ritueel bestaan tot doop of trou of die hemel of iets wat kinders (of waarskynlik hul ouers) magies aantrek na hierdie oorgangsrite…net vir in case hulle eendag hul mind change oor in watter kerk hulle wil wees.Maar dan is daar die jongmense wat inspirerend in vandag se tye tog bely omrede dit uit hul hart en lewe straal….wat ten spyte van die kultuur daarvan (en die worsmasjien erediens) dit wil doen…..I salute you all! Want dit vat meer guts om iets te bely vandag en opreg op te staan daarvoor as ooit! En nog meer gaan my vote vir die wat dit nie doen nie….wat actually daaroor dink…..en daarteen besluit….jy bely ten minste ook iets eg. Maar mag die instituut nie verder deur die powerculture van die Afrikaner en alles daarmee saam in stand gehou word nie….maar eerder ophou bestaan deur die nuwe beweging van die belydende jongmense wat kerk as baie meer as ‘n gebou en kulturele oefening verstaan……vir jou trust ek! 

die kragonderbrekings….die inbraak by ons huis….die dieselprys…die koster….die nuwe hekke in ons huis (om skelms uit te hou)….die toilet wat lek…..die stort wat verstop is….werk…..sal ons trougeld nou ook verdwyn tussen die sand saam met die likwidasie van MADISONS MEUBELS!!!! Ons het na ons troue ‘n bed bestel en 80% betaal. Dit moes Maandag afgelaai word….ek skryf toe ‘n brief en soek op die web vir die adres van die hoofkantoor. In die proses kry ek allerhande nutigge rumours op die web wat se die plek is bankkrot (oftewel die hele maatskappy)….en dit is nie rumours nie!!Maar eintlik gaan dit goed. 

Ek weet nie mooi wat dit is nie, maar hiri jaar is so weird vir my. Tussen deur die kragonderbrekings en die reen kry ‘n mens minderig gedoen want die beinvloed alles. Ek het al hoeveel keer konflik beleef met ‘n hele paar dingetjies by die kerk….die koster bedank skoon! Ag shit! En die jaar ploeter skielik al weer voort soos altyd. Dis asof dit elke jaar net erger raak. Maar tog is dit so weird want daar is hierdie nuutheid in die lig. Iemand het mos gese 2008 is die jaar vir new beginnings….ek weet nie of dit so is nie….maar iets is in die lug.’n mens weet ook nie lekker hoe om die nuwe situasie in ons land tegemoed te gaan nie….vanoggend lees ons jer 9 en dit praat van die volk wat in groot donkerte gehul is….en ‘n groot lig sien…..nou ja…wat de hel is die groot lig wil ek weet! Maar dit gaan oor nuwe geleenthede wat God skep….nou wonder ek oor die nuwe geleenthede van hierdie jaar en tussen al die negatiwiteit oor die land en en en……wat sal ons se… Ek weti….wag met afwagting 

Ek is so gatvol vir kerk politics dat ek al hoe meer wonder waarmee is ons besig. Gisteraand stap ek uit ‘n meeting en kon nie glo wat nou weer agter die skerms gebeur en hoe die ewige fight oor beheer in die kerk oor watookal voort sleur nie. Ek kan nie uitfigure of dit ‘n ouderdom ding, ‘n ego probleem of ‘n Afrikaner ding is nie….maar gatvol is nie die woord nie. Dit is net amazing hoe mense hulle drang na power kan uitleef oor jongmense en bedieninge in die kerk wat actually na my mening werklik besig is met die werk wat saak maak….Jesus praat altyd oor die 3 sins….power….sex and money….en trust my power en money wat gisteraand aan die orde van die dag..

Sulke dae laat my voel asof ek wil waai…..ek glo lankal nie meer daaraan dat die sisteem van binne af verander kan word nie….dis BS…..ek try dit al lank genoeg….die nuwe wysheid is om jouself sane te hou met dit wat regtig saak maak en ter wille van die goeie dele van die kerk en die mense se lewens wat betekenisvol geraak word te bly….verder is dit ewige stryd oor watter een van hierdie twee pole gaan wen in jou gemoed…

Viri eerste keer raak crime vir my reel toe hulle ‘n paar aande terug in ons huis inbreek en my nuwe kamera steel en my Macbook. Op dit was onlangse werk aan my phD en al ons honeymoon fotos…om nie eers te praat van die resente werk van die onlangse verlede nie. ALLES weg! Die realness daarvan strike jou eers later. Veral as mense hoor van die storie en die eerste woorde is “gelukkig was julle nie daar nie want dan..”. Nie ongeoorloof nie…..gister ‘n student in die omgewing 4 keer geskiet…..eergister van ander mense gehoor wat ook geskiet is vir selfoon……en gehoor van ander mense waar pa doodgeskiet is, ma en dogter in die bene geskiet is….en dit alles vir ‘n selfoon. Toe die vrou die selfoon bel toe antwoord die rower “Bitch….I should have killed you too..”

Crime is real in ons sosiale kosmos aan die suidpunt van Afrika….en die stories raak net meer…Gewere en skote in die nag….alarms….en ‘n multi-miljoen bedryf vir versekering en sekuriteit. Terwyl ek met die vrou praat van Outsurance en ek haar vertel van die storie en wat alles weg is…en try simpatie kry….antwoord sy net profesioneel sonder enige simpatie…..waarskynlik oor sy daagliks hoor van honderde sulke storie. Die assessor is te besig om hierdie week uit te kom….en ADT te vol hierdie week om aan die alarm aandag te gee……dis ‘n konstante flippen traumatiese staat waarin ons onsself bevind. Gisteraand gaan die alarm 01:00 af…..vir niks….helse bohaai….en geen slaap daarna….elke geluid suspisieus…

Waar gaan dit ophou? Ek was op ‘n manier nog altyd bewus van dit….maar selfs ek…die positiewe suid-afrikaan wat glo in hierdie land….vang myself wonder of ek nie moet trek na ‘n veiliger situasie ten minste in ‘n ander omgewing nie…? Sal nie uit SA nie….maar het hele maal begrip al hoe meer vir die wat het….

Wat die hel maak ons….fight? skiet? donder? hardloop? bid? huil? Ek weet nie…..se jy my?

Liminal

...the kind of life known ‘betwixt and between’ differentiated persons, groups or worlds...an experience of the wonder, the disorientation and discomfort that can rise when one is suspended between or among different groups or persons...

 

August 2008
M T W T F S S
« Jun    
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031