Vandag was ‘n dag waar ek regtig ‘true’ is aan my blog se titel – die gevoel van liminaliteit aan die een kant en soveel paradokse wat deur my gedagtes gegaan het om oor te dink. Ek weet nie of enige iemand anders dit so beleef nie – maar ek het verseker baie om oor te reflekteer.
Ons het vandag die Universiteit van Tromso gaan besoek om veral by die CENTRE FOR PEACE STUDIES te gaan gesprekke voer met studente, admin en die groot man Prof Ole Meas. Min mense sal verstaan hoe significant die besoek is. Prof Meas is die voorsitter van die Nobel Vredesprys vir jare. Hy het onlangs die titel oorgegee, maar is die man agter die prys aan Tutu, de Klerk, Madiba, Dalai Lama en en en. En is almal van hulle se persoonlike vriend. En as jy bietjie gaan oplees oor die geskiedenis en die man Ole, sal jy verstaan dat dit ‘n voorreg is om tyd te kan spandeer in ‘n meester se teenwoordigheid. Dit was vandag my tweede keer en weer eens ‘n voorreg. Hy is self ‘n oud-rektor, oud-dekaan van die mediese fakulteit, ‘n hart sjirurg van formaat en so gaan die lys aan – Luteraan, Christen en die stigter van die (een van min in die wereld) Centre for Peace studies. Die man het self in Kaapstad die profound statement gemaak – “we teach people how to make war in this world, but who teaches them to make peace?” En dit is die rede agter die stigting van die sentrum (met die filosofie dat in baie vredesstudies oorlog en konflik gesien word as deel van normale siklusse, maar dat hierdie sentrum fokus op “non-violent” approaches to peace.) Studente (half Noorweens en half internasionaal) kan ‘n 2jaar Meesters hier doen. Vandag was van hulle in ons gesprek. Iemand van Chad, iemand van Noorwee, iemand van Sierra Leone en iemand van Siberie? (dink ek).
So – hier is ek en ons (deel van die afvaardiging van SA) op ‘n amptelike mission van die regering. Maar ons is eintlik almal van verskillende organisasies ens. Meer ‘n siviele groep uit jeugkringe, saamgebring deur die kommisaris van die presidensie op jeugsake. En hy het vanaand geland. So ek het die heeltyd gevoel ons is in ‘n gesprek namens ons land, maar ons het eintlik nie ‘n clue nie. En tog is ons hier. Paradoks. En ons gesels hoog! Lande se samewerking!
So ek het gedink ek moet ‘n paar stoppe maak in die gesprek – ‘n paar stilstaan plekke om die refleksie hierop vir myself net te clarify:
Identiteit
Iemand vra toe oor ons diversiteit (wat hier nie so voor die handliggend is in die homogene noorwee nie) en oor hoe ons rasse ens handle. Ek antwoord. Maar picture net gou die groep. Wit, swart, bruin van verskillende kontekste en ek onseker oor hoe ek dit antwoord. Want – perspektiewe en kontekste is mos ons kos! Akademies is ek so geleer, ‘n ernstige gelowige in postmoderne oop narratiewe en ‘n Suid-afrikaner! So om dit te antwoord is ‘n lekke komplekse enekie. Want wat dink Lerato of Virgil of Leonie of Teodor oor wat ek vir die Noorweers namens die land antwoord ?(of doen ek regtig dit namens die land of ten minste die groep?). Jy lees hierdie en dink dit is mos nou gewone goed vir ons. Kom oor dit! Maar is dit regtig? Want ons is wie ons is. Lerato vertel toe later in die gesprek van hoe SA nie meer ‘daar’ is nie (verlede), maar nog nie ‘daar’ is nie (toekoms)….liminaliteit. So hoe defnieer jy jou eie identiteit kollektief teenoor ‘n ander land as jyself in liminaliteit leef met komplekse kontekste. Want ek wil dit so graag kollektief doen as deel van hierdie SA afvaardiging – maar ek sit in kontekste waar wit Suid-afrikaners dink die land is net wit en ryk. Waar die regering beskryf word met woorde wat ek nie wil noem en rassisties verby. En hulle (ons groep) sit weer ook in ander kontekste. Dit is ons realiteit. ‘n paradoks. Die groep het tot laat vanaand gesit en kuier en praat. En die goed is op die tafel. Ten minste om terwyl ons hier is nog daaroor lekker te kan gesels.
Vrede
Wat my ernstig tref hier is die konsep – vrede! Wanneer laas het oor Vrede gepreek? Wanneer laas het die kerk oor vrede en konflikhantering gedink. Want ek luister na ons wereld – Sierra Leone se post-TRC proses – en die vrou se: “I have studied the process of the Truth and Reconciliation Commission in Sierra leone and come to the conclusion that everything is finished, but the wounds are not healed”. Die ou van CHAD vertel oor sy studies. En hy kannie oor die ding kom dat hy die president haat nie – want hy is ‘n diktator! En hy laat ons besef – julle praat hierdie goed oor rekonsiliasie en dialoog – want julle het ‘n demokrasie. Ons kan nie praat nie. Hy is byvoorbeeld gearresteer oor sy navorsing of vrae of iets. En ‘n profound ding word in die groep gese: “Dialoque is the best and first option for peace and conflict resolution but it will never be sustainable unless ALL the parties are at the table” (En dit was interessant – wand die CHAD ou moes erken die regering het hy probeer vermy in sy navorsing) En die tweede profound ding was “without justice first there cannot be peace”.
Ek gaan nie jok nie – maar ek het (alhoewel ek so gatvol is daarvoor en niemand eintlik behalwe ons onsself daaraan steur nie – het die paar opmerkings oor vrede my laat dink aan kerkhereniging se struggles…) En dit het my weer laat dink aan vrede en hoe ons vredemakers is – waar is die kerk met vrede? christenne met vrede? ons reik ons uit vir die dood maar wat help dit? Take it up a notch – werklike vredemakers! Geseend is die vredemakers….! - Jesus. Dink net as ons kan vredemakers word. Dink net as ons mense kan oplei hoe om vrede te maak….
Teologie
Ek het iewers so tussen deur gehoor dat daar wel Teologie gestudeer word by die universiteit maar ek kan verkeerd wees. Die onder burgemeester (wat ‘n belangrike persoon in hierdie samelewing is) het ons rondgevat en so iets gese. Maar sy het ook gese – 5% van die land gaan kerk toe. Niemand hier is meer enigsins gepla oor Christenskap nie. Almal sal met jou ‘n goeie intellektuele gesprek kan voer – maar kerk is hier min van. Die kerke is museums in die stad. Ons was vanaand by die hoof een – die Arctic Cathedral – (die stad se ikoon) om te oefen vir ons Mandela Night Woensdagaand (en ek gaan ons onsingbare groepie begelei! Jattas en Leon – ek maak julle trots as die choir conductor ook somme!). Maar die kerk staan leeg basies. Prof Meas gaan nog soontoe.
Maar in dit alles was dit eintlik so vreemd vandag – want die teoloe in die groep lewer ‘n baie goeie bydrae. Ek was so trots op Teodor en Ryno (klink soos ‘n mentor!) wat brilliant vrae vra en dink! En waar het hulle dit geleer? By Teologie. Maar hier is nie. Want God is uit dit uit! – die vredesbesigheid!
So eintlik is hierdie blog iets wat ek nog vir lank aan kan skryf….maar moes net iewers begin.
More gaan ons uit saam met die Youth Council van Tromso – en die aand – Madiba se konsert!
Vrede!
Posted in Algemeen
Tags: identiteit, kerk, liminaliteit, Nobel prys, Noorwee, Norway, paradokse, refleksie, suid afrika, Teologie, vrede
Onlangse Kommentaar